"Twyfel" deur Andre le Grange

  • 0

Twyfel

Die twyfel in my hart
Sal ek dit ooit kan oor vertaal
Gevoelens van smart
Waar is ons op pad met die verhaal?

Dit het begin by ? onskuldige kuier
Net om aan die einde van die aand agter te kom
jy is in dalk heelmoontlik die werklike verleier
En nie die onskuldige een wat daar sit, so stom

Alles is eintlik so eenvoudig
Dis of ja of dit is nee
Alles is eintlik so eenvoudig
Dis of reg of dit is verkeerd

Die boek se blaaie het opgeraak
Ek en jy sal sekerlik nie nog kan maak
Ons was op ? tyd so verlief en verlore
Dit het gevoel ons is vir mekaar gebore

REFREIN:
Die twyfel in my hart
Ek kan begin verstaan, om te vertaal
Gevoelens gaan oor in gedagtes van smart
Die kruising is oppad in die verhaal

Ek wens ek kon net daai aand terugdraai
Toe ek daai boodskappe op jou foon lees
Dit het my laat twyfel, dit het my laat raai
Al sê jy dit is nie wat ek dink nie
Ek dink jy’t my verloor in gees

Alles is eintlik so eenvoudig
Dis of ja of dit is nee
Alles is eintlik so eenvoudig
Dis of reg of dit is verkeerd

Sal ek ooit weer na jou foon kan sit en kyk
en wonder wie het nog so met jou gepraat?
My engel, ek dink ons tyd het verstryk
Nie ek of jy sal by die verhouding meer kan baat

Ek is jammer my lief, my hart is in meer as een stuk
Maar ongelukkig was dit seker net nie bedoel
Dis ? jammer my engel, daai booskap het my werklik geruk
En ek dink nie ek sal weer in dieselfde bad kan spoel

REFREIN:
Die twyfel in my hart
word in my gedagtes deeglik vertaal
Gedagtes van pure onuithoudbare smart
Is ons aan die einde van ons verhaal?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top