Tweeverkeer
Jy moet leer om te verstaan
Nie worry as die wêreld vergaan
Al maak dit jou gedaan
In die lewe moet jy vry wees
geen bekommernis of vrees
Jy moet net leef
so probeer, wys die wêreld jy voel 'n veer
Terugkeer
Weer probeer
aan die tweeverkeer-oomblik
wat ons harte een maak
Jy moet leer om te verstaan
Laat gaan nou daardie traan
Dis nou tyd om op te staan
Die mensdom maak tog seer
Jy moet net probeer
Wys die wêreld jy voel 'n veer
Een hart se vreugde
veroorsaak twee probleme
Terugkeer
Aanhou probeer
Aan die tweeverkeer-oomblik
wat ons harte een maak


