tweesnydend’ “-isme”

  • 0

eintl’k maak onreg se seer lel’k seer,
v’r millennia illegitiem g’indoktrineer,
’sof Mens nie g’noeg v’n “uitwis” kry,
Self nie Self uit destruksie wil b’vry

was “ras” ma’ “vas”, tegnies definieerbaar,
etnisiteit uit ’n neutraal hoek v’rklaarbaar,
sou Mens Eie, Naaste, as sodanig aanvaar,
Self nie agt’r superioriteitsindroom t’skaar

ideomitologie, illusie, so fundamenteel fondamentloos,
staar Mens Mens blind, versus wanopvatting, van “ras”,
post-WVK glattie onvanpas, ann’r se voete skoon t’was,
oortred’r oop-’n-bloot kniel, t’wag op slagoff’r se troos

G’wete, realisties, ja, waarlik, Skepp’r se Instrument,
niks ann’rs gee heel G’heelbeeld, v’rskaf volle Prent

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top