"Tweekantwêreld" deur Jacques Swart

  • 0

Tweekantwêreld

Vers 1

Ek probeer dit vergeet
Vergeet is nie so maklik
Veral as jy weet
Jy is te blaam vir die gebeurtenisse om jou
wat jou lewe omdraai
soos ’n sepie op TV
ek wens jy wil net sien
dit gaan nie net oor jou nie

Refrein

Lewe is te kort so
Moenie jou tyd mors nie,
Met onbenullige goed ...
Probeer net sien ek wil nie
My tyd mors nie
Met mense soos jy ...
Mens sal sweer die wêreld is bipolêr
Ahhhhaaaa ...

Vers 2

Ek loop en stap alleen
Probeer my kop skoon dink
Terwyl ek weet daar’s mense
Wat besig is om hulself dood te drink.
En ek dink by myself
Hoe is dit so moontlik
Dat die straatlig so helder skyn
Op die donkerte van die nag.
Ek sweer die straatlig staan en lag vir ons ...

Refrein

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top