Geskryf vir: Straatligkinders
Vir twee sekondes lê wie ek is verlate
Vir twee sekondes skreeu ek op die top van my stem
Vir twee sekondes is alles wat ek se onsin
Vir twee sekondes is ek die monster wat ek my hele lewe vermy
Tel my op
Gee my sig
Ek verloor myself
Ek verdrink in die stemme, in die leuens wat rondmaal in my kop
Vergewe my
My foute raak te veel
Vergewe my
Ek moes my foute met jou deel
Vergewe my
Daar is ’n mes teen my keel
Vir twee sekondes is wie ek is verlore
Vir twee sekondes word die klank van my stem weg
Vir twee sekondes is alles wat ek glo seerder as die diepste seer
Vir twee sekondes is ek die monster wat jy jou hele lewe vermy
Hoor my hart
Verstaan my letsels
Ek kan myself weer vind
Ek kan myself
Ek kan myself
Ek kan myself
Vind
Ek belowe ek kan
Verewig
Vir altyd
Nimmer meer
Vergewe my
My foute raak te veel
Vergewe my
Ek moes my foute met jou deel
Vergewe my
Daar is ’n mes teen my keel

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

