Twaalf minute oor agt
Dis butterflies in haar maag,
En hartjies op elke bladsy van haar dagboek,
Dis senuwees wat knaag,
Terwyl sy vir nuwe lip gloss en make-up soek.
Vanaand halfagt gaan hy haar kom haal,
Sy gaan sit en wag en iemand anders sal oopmaak,
Hy sal old-fasioned wees en ’n roos saambring,
Haar ’n drukkie gee en saggies aan haar wang raak.
Dis twaalf minute oor agt, en haar drome lê in stukke op die vloer
Ek sien die trane wat oor haar wange loop terwyl sy steeds nou en dan na die horlosie loer.
Dis net verkeer, sê ek terwyl sy teen die trane veg
Dis ’n Donderdagaand na agt, help sy my reg.
Hy bly net om die draai, ’n kilometer of drie.
Guess again, sê sy, the joke is on me.
Die koffie word al koud
En ek gaan lees skelm ’n sms in die kombuis.
Hy se hy’s jammer hy’s so laat,
Maar hy’t ’n verrassing vir haar en hy staan voor die huis.
Ek reply dat ek haar gou sal sê.
Staan op, ou girl, jou ridder is hier voor.
Die gesmudgede make-up word afgevee,
En ’n smile verskyn van oor tot oor.
Dis twintig minute oor agt, en haar ridder staan regop op die gras
Haar oë blink en sy lag hardop, want hy’t haar met twintig kerse verras
Die tafel is gedek, daar is plek vir twee
Dis ’n Donderdagaand na agt toe hy haar voete onder haar uitvee.
Hy tel haar in sy arms en sê hy het verlang,
Sy’s happy want sy’t haar prins gekry, en ’n soen op elke wang.