Beste Ran,
Ek geniet jou skrywes baie – so reg na my smaak. Vir wat dit ook al werd is!!
Ernstig!
Verwys na die Westerse genetiese tipering van die Faraos.
Lank gelede het ek ’n boek gelees van ’n Joodse makulu-deskundige oor Egipte wat beweer dat Tutankhamun inderdaad Moses was – die eerste monoteïs!!
Moses was wetenskaplik gesien ’n ongelooflike karakter wat ontsnap het uit die slawehuis van genetiese chaos van inteling en seks met diere- tot kinderoffers van die oudste seuns [LW], kannibalisme, in moedersmelk gaargemaak. Ondenkbare barbarisme, inteling en towery was aan die orde van die dag in Moses en Miriam se Egipte.
Kannibalisme is die oorsaak van Creutzfeld–Jacobsiekte [malkoeisiekte]. En die hongersnood agv misoeste van die koring – "7 vet jare gevolg deur 7 maer jare" kan ook verklaar word dmv die moontlikheid dat die genetiese poel van die geil koring te klein was en vatbaar was vir siektes… [Koring is selfbestuiwend en kruisbestuiwing moet met die hand gedoen word – soos Panar die saadkwekers tot vandag toe nog moet doen.]
Tutankhamun het kinders by sy dogters gehad en die seuns het uitgesterf of is geoffer – sodat Moses die fondeling, die enigiste manlike troonopvolger was. Hoekom het die seuns uitgesterf? Was daar ’n genetiese faktor agv die inteling?
Moses het die menslike genetika wetenskaplik georden soos Noag dit die eerste keer gebruik het vir genetiese manupilasie ... [fermentasie-prosesse is deur Noag vir die eerste keer gebruik vir menslike gebruik – tot vandag die mees gevorderde wetenskap!!]
’n Doktersvriend wys my eendag ’n kiekie van Tutenkhamun met sy laaaang "asteniese" liggaamsbou soos die sogenaamde "Marfansindroom" en boepmagie met ’n gaatjie bokant sy naeljie. Kan dit wees dat hy ’n operasie gehad het vir “Hursprung se siekte" wat meestal deur seuns oorgeërf wortd? Dis ’n afwyking van die dikderm wat tot vroeë sterftes lei.
Beeldskone Nefretiti was glo sy vrou.
Moses het al sy towerkunste by die towenaars van die Farao geleer maar hulle kon alles doen wat hy gedoen het tot en met die vierde plaag. – daarna het hy almal verstom mt sy absurde onverklaarbare natuurverskynsels tot en met die massadood van eersgebore Egiptiese seuns in EEN nag!!
Overgesetsynde dat Moses se genetiese wette teen inteling en kruisteling en verbastering en genetiese vermening tussen mense en diere deur die hele wêreld erken word en dat die afwyking van hierdie sedewette tot ontsaglike rampe lei. ’n Uiters, uiters ernstige waarskuwing vir almal wat besig is met stamselnavorsing dat menslike en dierlike chromosome nie gemeng mag word nie.
Waarvan die MI-virus die beste voorbeeld is.
Naskrif Omdat die Bybel verwys na die stene wat deur die Jode gemaak is met modder: is dit dan nie ’n logiese afleiding dat die stene van die piramides oa gegiet is nie? Die hiërogliewe is immers baie keer in pleister gemaak en nie uitgekap nie ...
Ek sal graag wil weet wat jy hiervan dink Ran!!
Outoppie

