"Tussen Oral" deur Emil Bosch

  • 0

Tussen Oral

REFREIN (x2):
Aai, jaai, jaai, ek is hier, ek is hier
Oral waar ek gaan, wonder mense oor my naam

Ek reis saam met die wind,
oor die berge en die seë
In die voue van my jas
is dít wat ek kan gee

REFREIN (x2)

In die vroeë môredou
in die aandwind voor die nag
Wanneer alles rustig is
sal jy my kan hoor lag

Waar is ek?
Soek my gou
Dalk is ek
agter jou

Wie is ek?
Weet jy nou?
Dalk is ek
deel van jou

REFREIN (x2)

Ek is anderkant die sterre
ver verby elke maan
In die stiltes tussen denke
sien jy my voor jou staan

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top