Tussen mure vasgevang
Bedek met mure, dis pure gek hoe jy wegkruip
Jy wil wegbly van die eg jy selfs voor vriende
Om in te blend, ek doop jou verkleurmannetjie
Jammer om in te meng, maar jy lewe in effek
Soos hulle wil hê jy moet, jy boet vreeslik
Jy wil jouself ontbloot, met jou hele wese
Maar redeneer soos meeste, “Wat as hul wrede
Opmerkings maak, en hulle wil my nie aanvaar?”
As jy praat hoor ek ’n kitaar met ’n viool se snare
Ware feite jy’s faker as Riaan Cruywagen se hare
Jy’t jouself opgeoffer en gevolglik is blydskap raar
Jou refleksie, skaduwee en siel soek ’n nuwe eienaar
Brug:
Dis verskriklik jy’s ’n nar, gaan ontmasker jouself
Los die sirkus vat die pad, of bly vas in jou hel
Wees versigtig vir die wat, sê “jy’t verander ou pêl”
Wees net driftig staan jou man, “nee, ek is maar net myself“
Koor:
Refleksies nie korrek nie, dis tyd vir sielsinspeksie
Tussen mure vasgevang, my doel is om dit af te brand
Depressie vas soos Prestik, ek voel nie soos ’n mens nie
Tussen mure vasgevang, my doel is om dit af te brand
Verse 2:
Bedek met mure met geen sonlig, van kop tot tone
Jou Great Wall of China lyk groter, en dis donker
Op die oppervlakte lyk jy besonder goed, dis ’n tower-
Kuns wat jy uitvoer, as ek dieper kyk sien ek monsters
Wat by jou oë uitloer, honger om vonke te laat spat
Jy volg die norm, die skape of robotte dis skaakmat
OK, ja wat jy vou, en jy verloor teen jouself
Die gat wat jy boor, raak al hoe groter tot hel
By jou voordeur klop hart stop identiteit is weg
Hy’t so lang tyd genag dat jy hom moet gebruik toe sterf
Hy amper hoe langer die mure en fake ure
Hoe harder is dit om jouself weer te wees
Brug:
Dis verskriklik jy’s ’n nar, gaan ontmasker jouself
Los die sirkus vat die pad, of bly vas in jou hel
Wees versigtig vir die wat, sê “jy’t verander ou pêl”
Wees net driftig staan jou man, “nee, ek is maar net myself”
Koor:
Refleksies nie korrek nie, dis tyd vir sielsinspeksie
Tussen mure vasgevang, my doel is om dit af te brand
Depressie vas soos Prestik, ek voel nie soos ’n mens nie
Tussen mure vasgevang, my doel is om dit af te brand x2
![]() |