Ek lê en kyk na elke uur
My oë brand soos n warm vuur
Soos ek huil
Ek sit tussen moet en wil
Moet is besig maar wil is stil
Kan ek nie die een met die ander ruil
Ek wens ek kan ’n plekkie kry
Waar albei kante kan versprei
Maar nou sit ek net met een
Kan ek ’n ander visie leen
Wat ek wil, die kan ek nie
Wat ek moet, die wil ek nie
Is daar hoop vir my wese
Kan ek net vir ander lewe
Het ek nie in hierdie tyd ’n sê
Wat ek soek wat ek wil hê
In n blik lê ek nou
In die gat van berou
Nêrens sien ek ’n lig wat skyn
Alles loop op die selfde lyn
Bring my vrede vir wat moet
Kan ek nie maar net my drome groet
Vat weg die smag na wil
Met 'n harde eensaam gil
Ek is in ’n plek wat niemand verstaan
Niemand weet waardeer ek gaan
Nou lewe ek maar om aan te gaan
Ek hardloop al om die selfde baan
My lewe voel dol en leeg
Soos 'n robot sal ek beweeg
Druk my knoppie dan sal ek spring
Gee my jou rympie dan sal ek sing
Waar sal geluk my paaie kruis
Is daar iemand wat my kan wys
Knip die toue van hierdie pop
Sy is gedaan haar moed is op
So hierdie bed het sy gemaak
Sy kannie anders as om in hom te slaap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

