"Truspieëltjie" deur Michael Smit

  • 0

Truspieëltjie

Dis die laaste dag
Wat ek vir jou wag
In donker rede
En omstandighede

Te lank verlore
in die somernag
Sal ons ewig lewe
As ons ewig wag?

Koor

Vergeet, vergeet
Vergeet my nie
Skreeu jy hand in jou hare
In my truspieëltjie
Ek sou jou nooit weer kon vergeet nie

Dis die stomme stadium
Die wens ervaring
Die dwarrelwinde
Wat nooit bedaar

Dis die eerste asem
En jou laaste dag
Sal ons woorde terugval
Uit die anderkant?

Koor

Vergeet, vergeet
Vergeet my nie
Skree die liefde my lief
Soos my liggaam grafwaarts daal
Ek sou jou nooit weer kon vergeet nie

Brug

En al skram ons seer weg, en al raak ons bang
Sal die toekoms ons altyd kom haal
En al skop ons teen dit, word ons meegesleur
Jy moet hardloop om  jouself weer in the haal

Dis die solo soektog
Van elkeen se hart
So seker onseker
Korrels op die strand

Dis die genesing deur die
Naakte klank
Sal ons breek deur alles
(en) Wie weet waar beland?

Koor

Vergeet, vergeet
Vergeet my nie
Skree ek hees na die mense
En swaai die wierook hoog
Ek sou jul nooit weer kon vergeet nie

Vergeet, vergeet
Vergeet my nie
Gil ons hees na mekaar
Ek sien jou, sien jy nie?
Ek sou jou nooit weer kon vergeet nie?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top