Die gelukkigste dag van jou lewe,
Wanneer jy jou liefde betoon.
Aan jou lewensmaat daardie dag,
Met wie jy vir ewig gaan woon.
Jou hart slaan bollemakiesie,
Jou glimlag, van oor tot oor.
Jy kan nie wag vir die oomblik,
Wanneer jy jou vryheid verloor.
Voor die kansel vra pastoor,
Gaan jul getrou teenoor mekaar wees.
Gaan jul saam in vrede leef,
Die huis vul met die Heilige Gees.
Beide partye belowe,
Ons sal, en soen mekaar.
Almal teenwoordig klap hande,
Want, die trou seremonie is klaar.
Hand aan hand stap hul saam,
Om die huwelik te begin.
Alle struikelblokke en uitdagings,
Is hul vasberade om te oorwin.

