"Trots Afrikaans" deur Alwyn Carstens

  • 0

Trots Afrikaans

Ek nooi jou uit om saam te stap
Die pad van eeu ou kultuur
Waar trots en wyse voorgeslag
Ons op die regte paaie stuur

Beleef ons kuns op veel gebied
Waar Pierneef, Miemie en Mathee
Deur jare heen met woord en daad
Hul skatte vir ons agterlaat

Koor
Uit die blou van onse hemel
Uit die diepte van ons see
Sing Nkosi Sikileli
En God sal antwoord gee

Ons praat met trots ons moedertaal
Wat sagkens op die tong gaan lê
Sing, lag en huil in Afrikaans
En sukkel nie om iets te sê

Ons proe die soet sultanadruif
Eet biltong, snoek, patat
Praat saam met Niekie van der Berg
Oor alles en nog wat

Brug
Van springbok tot by wildebees
Protea en aggapant
Ons sweef vry soos ’n arend
Aan Afrika se suidekant

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top