Trienie se wille Krugerwildtuin-ervaring

  • 1

'n Besoek aan enige wildtuin, wildplaas of bewaringsgebied is vir my lekker. Ek het nog nooit 'n vangs gesien nie en ek sal glo dit is maar 'n bloederige storie. 'n Leeu laat mos nie aan hom lek nie.

Ek het eendag in 'n wagkamer gesit en 'n wildlewe-tydskrif deurgeblaai. My oog vang toe 'n brief wat iemand geskryf het. Ek moes die wagkamer verlaat om buite te gaan lag.

Ek sal probeer onthou wat die ou geskryf het. Die ou is 'n "vriend of vrywillige" werker in die dieretuin en beskryf die toneel as volg.

Ons ry stadig na die klomp karre wat in die pad stilgehou het. Toe ons nader kom sien ek die trop leeus in die pad. Hulle is met niks gepla nie en is baie rustig. Die aankomende verkeer is ook besig om saam te drom toe my oog op die betrokke motor val. Op die motor sit daar 'n uitgegroeide bobbejaanmannetjie met sy rug na die leeus toe. Die motor beweeg stadig. Die volgende oomblik skiet daar 'n hand by die venster uit en gooi 'n piesang in die rigting van die leeus. Die bobbejaan sien die piesang en is agterna. Die piesang val tussen die klompie leeus maar die is min gepla. Die bobbejaan is in die lug toe hy besef HKGK. Die bobbejaan probeer met hande pote en stert in die lug briek. Hy raak ook toe erg verbaal en is dit asof hy die ou wat die piesang gegooi het, uittrap. Toe die bobbejaan grond vat gryp hy die piesang en is toe daar in 'n boom in. Hy hou toe aan om sy misnoeë teenoor die motoris uit te spreek. Die leeus het nie eers besef wat gebeur het nie.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top