Trienie, ingelig en buite boks?

  • 0

Ek gee nie glibberige antwoorde nie en wil nie binne jou verkrampte boks dink nie. "different strokes for different folks". Jy maak net sommer bevooroordeelde aannames uit jou christelike-boksie-perspektief, wat het van die splinter en balk parabool geword, synde jy so opregte wedergeborene is? As mens aan tonnelvisie ly, met 'n perspektief, moenie verwag dat 'n hele samelewing jou wil volg nie.

Politieke konstruksies soos 'wit christen calvinistiese afrikaner' is wat tans debatteer word en nie 'emosionele plakkery' oor my gewaande 'seerkry'. Ek het 'n lewe wat ek moet leef en wil nie water trap net omdat jy dink dis 'n goeie idee vir my nie. Verder lees ek van bybel tot wat ook, sonder subjektiwiteit en disleksie, want 'tussen lyne lees' is dikwels net 'n 'figment of your imagination' en nie wat ander voel, dink of ervaar nie.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top