Aan die anderkant van elders – dalk
Lê ? mooiweerland en wag
Op die reggestelde minderheid
Van hierdie diep geknelde land
Span in daai Airbus-ossewa
Die pad is lank en swaar
Kaalvoet oor die Drakensberg
Op die weg na beter dae
Iewers oor die diepbou see
Verby ons reënboogland se punt
Is ? rusplek vir ons siele – dalk
Waar die kranse antwoord gee
Span in die Airbus-ossewa
Voor vrijheid en voor recht
Kaalvoet oor die Drakensberg
om te antwoord wat jy vra
Uitspan in ou Amsterdam
Of afsaal in Taiwan
Vie vrede wag in Adelaid
En die voorspoed in Doebai
Vie vrede wag in Adelaid
En die voorspoed in Doebai

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
'Typo's' en weglating gepleeg op die rooiwynnag van die skryf en versend hiervan. Moet lees:
Derde versie: 'diepblou see...'
Laaste koortjie: 'Die vrede wag...'
En dan het die heel laaste losstaande reëltjie verdwyn:
"Geluk lê net om die draai..."
'