Treinspore
Treinspore
Ek voel alleen en klein
En luister na die refrein,
Want jou liefde het verdwyn
Oornag, oornag
En ek voel nog steeds jou asem
Skryf jou naam in die wasem
Op die ruit
Maar jy is uit
Oornag
En ek stap rond in die gang
Met my seer hart en verlang
In die nag, die nag
Treinspore langs mekaar tot in die verte daar
Stewig en vas, langs mekaar, dit pas
Hard en onverskrokke dra dit al die trokke
En die mense na ’n plek, wie weet waar
En dan’s jy daar!
Soos treinspore in ’n lyn dra dit al die pyn
Reguit langs mekaar, dit kom nooit bymekaar
Ons twee was soos die spore, nooit besef verlore,
En nou is dit te laat, want niks maak vir jou saak
Treinspore
En ek stap rond in die gang
Met my seer hart en verlang
In die nag, die nag
En ek voel nog steeds jou asem
Skryf jou naam in die wasem
Maar jy’s weg
Oornag
![]() |



