Trap, trap, gone
Jy 't alweer die aggro pad gehardloop
Ek 't jou al koning van negatief gedoop
Alles wat die pad langs ons kant opgehoop het
was te veel dat ek eindelik moes loop
REFREIN:
Trap, trap, trap net hier uit
Trap, trap, trap net voluit
Ek trap my kaal voetjies
Oor al jou vals soentjies
Dit trap, trap, trap nou gone
(Trap, trap, trap net gone)
Die skerwe soos gebarste glas
Op my hart voel 'n hewige las
My trane brand soos acid op my wang
En die monster in my bors maak my bang
Dis nog net 'n paar ure weg van jou
En al klaar is verlange besig om te kou
REFREIN:
Trap, trap, trap sonder omkyk
Trap, trap, trap soos 'n dooie lyk
Ek trap jou skelwoorde
Soos 'n klavier se akkoorde
Dit trap, trap, trap nou gone
(Trap, trap, trap net gone)
Ek stap in 'n rigting van verwarring
Die koue monster hou aan karring
Al klaar het dit duidelik begin raak
om hieroor te kom is 'n verlore saak
Ek dink aan al my foute
dit vryf in my wonde soos soute
REFREIN:
Trap, trap, trap met baie twyfel
Trap, trap, trap om terug te suigel <sic>
Ek trap die pyn uit my hart
en worstel oor verwagte smart
Dit trap, trap, trap nou gone
(Trap, trap, trap nou gone)
Die loop kom vanself sonder denke
Die lewe belowe ware liefdesgeskenke
Die liefdesgevoel is so warm en veilig
Die reality se seer is yskoud in die straatlig
Was dit net nie vir my beskore?
Ons het trou aan mekaar belowe
Was dit my skuld, het ek dit veroorsaak?
Ek 's so deurmekaar, wat moet ek nou maak?
REFREIN:
Trap, trap, trap die laaste tree
Trap, trap, trap my laaste skree
Ek trap vir redes sonder geluk
Ek trap nou die laaste stuk
Dit trap, trap, trap nou gone
(Trap, trap, trap nou gone)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


