dag soes dié, s’l Mens mossie gou v’rgeet,
Skepper’T, vir Jakes G, nu ôk’p Trein g’laai,
g’n Mens kan van Lewe Twee Idee wegdraai,
ok ma’ goed, lat Homo Sapiens al van’t weet
Kaaps, vervlaks, net nogge tak van Afrikaans,
min Afrikaanses wat apartheidstaligheid steun,
sien Millennium Drie Mens Groter G’heel, Een,
volgens Mens Eie, V’rhaal, Storie, Geskied’nis
sien siener, siende, regdeur als, illusie, b’lieg’ry,
val Mens Self aan, outodestruktief, versus alles,
meid vroeg ryp, vroeg vrot, jong’t kleiner ballas,
profiteer produseerders poenankies yt plundery
Mens niet t’n volle op g’lyk speelveld, o v’rdriet,
sing kapitaliste, sedig, superhartseer slawelied
Jacobus Faasen

