Jode het tradisies, alhoewel dit geloofstradisies is vir verskillende etnisiteite van Jode. Jode het nie altyd dieselfde kultuur as Israeli's nie. Die Jood in die VSA het 'n ander kultuur as bv die Jood in Marokko of Israel, maar vind mekaar in hul gemeenskaplike gelooftradisies. Dalk het 'sonskyn, vleisbraai en bier drink' 'n tradisie in SA geword? Met Afrikaans as tradisionele taal in SA, vir uiteenlopende kulture, is 'n taal gemeenskaplike tradisie? Die mense op RSG wat altyd neuk na 'n 'reënboogkultuur' vergeet dalk van dié unieke tradisies van elke etnisiteit wat nie prysgegee kan word nie? Bv Afrikaanse moslems het dieselfde tradisies as hul Arabiese of Turkse eweknieë? Hul het nie dieselfde tradisies as die Afrikaanssprekende 'christene' nie. Dieselfde christene, het ook verskillende tradisies, bv katolieke vs baptiste? Klein-doop vs groot-doop? Is almal wat op die Afrika-kontinent woon, 'n Afrikaan of 'n Afrikaner en wat is die verskil werklik tussen terme? Onthou, dit was ABO, Anglo-boere oorlog, nie AAO, anglo-afrikaner oorlog nie. Piet Croucamp is 'n RSG-kommentator en wat is RSG beter as bv Huisgenoot tov geloofwaardigheid?
Hans Richardt

