Klik op die rooi woorde om die gedig te laat ontvou.
Sou ek ’n Sianied-pil neem of wag op uitlewering
soos Rommel die arme drommel?
“Tot Siens” van D.J. Opperman
In elk geval, ’n rukkie Rommel, ’n Oer-Germaan
(of Dingaan!) drink graag uit jou kop sy dop!
Of sal ek gewoon my oorgee aan ’n eiesoortige
Rialto?
Rialto is a cross browser javascript widgets library. Because it is technology agnostic it can be encapsulated in JSP, JSF, .Net or PHP graphic components.
Hoe ver kan ’n
engel te perd ry?
Verwysing na W.E.G. Louw se reisboek, 1969: So ver as 'n engel te perd kan ry (Reisverhaal).
“
Geil lusern in die laagste landjie”
verwys na Leipoldt se gedig “Die beste”:
Geil lusern in die laagste landjie;
Geil groen blare en blomme blou;
Aalwyn rooi op die voorste randjie,
Rooi soos bloed teen die rotse grou;
Somer en son en saffier daarbowe ... staan op p. 86 van Groot verseboek.
Dis nie
myne nie, dis nie joune nie,
Bekende Afrikaanse liedjie ...
dis ’n ander man se vers wat jy hier bestryk!
Dis nie myne nie, dis nie joune nie,
dis ’n ander man se vers wat jy hier beskyt!
Vaarwel aan Wanhoop!
Die digter speel hier in op Leipoldt se “Vaarwel aan Insulinde”:
Mirakelland van oerwoud en vulkaan ...
... Ag, ek gewaar
my liefde groei tot byna bo verstand! staan op p. 86 van Groot verseboek.
Miskien sal ek die muses
prys
Ons hoor hier Van Wyk Louw se “Miskien sal ek die wingerd prys”
en saam met Stanley Fish
vra:
Totius se “Vergewe en vergeet” koekloer
ook hier as interteks. Dit staan op p. 45 van Groot verseboek:
Daar het ’n doringboompie
vlak by die pad gestaan...
Leipoldt se beroemde gedig is al by herhaling deur hierdie digter geparodieer: Boggom en Voertsek
vir E.C. B
Boggom en Voertsek het saam getewe
in die Burger se rubrieke saam
En in die briewekolomme so ewe,
as die misverstand oor alles staan.
Boggom en Voertsek het saam geskuil
in dieselfde beddens glo
Die een vrou vir die ander verruil
en liefdestrou geblo'.
Boggom en Voertsek het saam gesanik
oor die lot van die literator:
Sluit ons my boeke vandag: grinnik
net oor die nydige gemor.
Boggom en Voertsek neem nou afskeid:
die een op pad na die Ooste,
die ander steeds die heuwel skyt-skyt uit:
bly solo agter in die Weste.
Johanna Hambeets-Hamerslag
L’envoi
Haar verse was so lelik,
haar verse was so gaar:
sal jy myn buite-seiltjie wees, my hart!
Kennelik word die leser hier ’n “buite-seiltjie” in die verwysing na Pulvermacher se Dopper Joris en syn seiltjie. Daar is geen buite-teks nie, aldus Derrida ...