tot oorboordens toe

  • 0

geskied’t juis so, eish, because why, hoekom,
Mens’t mos so ontsettend domnooslik gekom,
scheme nes paloeka-sieners, ver-‘Mall’-ifiseerd,
in suburbia, sonner respek vir nyanga, sangoma,
vir sjamaan, uit Azania, Poste Restante, Gondwana

vasgevang in Self-destruksie-siklus, alte astrantlik,
“Duiwelspiek”-leerlingskaplik, verraderlik, bedrieglik,
Self-verheerliking sadisties gesetel waar Gewete was,
waar Gewete, stuk vir stuk, vir stuk, uitgepluk, geruk’s,
uit oorspronklik Homo Sapiens Sapiens uit, gewetenloos

dis daar waar “Duiwelspiek”-historici, politici, akademici,
hul droom van Self-verryking Self-destruktief sintetiseer,
teoretici, struktuurgeweldspaparazzi, super-ultra-illiterati,
uitvoerders van, profiteerders uit, struktuurgeweldsindroom,
bemarkers, adverteerders, verbruikers, van sjatansimptoom,
duskant Paradys se Hek, asof Mens ly aan een of anner g’brek,
Homo Sapiens Sapiens, neo-mede-Mens, Trippel Millenniaans,
retrogressief, alles, selfs nageslag, wil opoffer, so submissief,
sonder Gewete, sonder Spiritualiteit, soos klei in sjatanshand,
“Duiwelspiek”-sieklik, opperheerser van hel as hul rolmodel

dinge lyk en blyk nie rooskleurig, geurig, pleinseil,
sonder struikelblokke, vorentoe, Via Zabalaza,
sover’t Menslik mogentlik is, Gewete te herwin,
soos van vooraf, proppers, behoorlik, te besin,
eers Self uit te vind, waar moet Mens begin,
gelukkig’s nie hele spul, tot oorboordens toe,
met Gewete-loosheid, Self-verloëning, gevul

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top