In die New York Times guide to essential knowledge (New York: St Martin’s Press, 2007, 1320p) is daar ’n interessante artikel oor Westerse klassieke musiek in China (p 135-136). Sedert die kulturele rewolusie in die jare sewentig word die bevordering van hierdiemusiek van owerheidsweë gesteun. In Shanghai is ’n groot operahuis en in Beijing ’n nasionale teater gebou en ander groot stede streef na dieselfde status. Klassieke musiek word met moderniteit geassosieer. "The Communist Party, which three decades ago was trying to wipe out classical music, now deems it an essential component of the ’advanced culture’ it vows to create to make the country a true great power." ’n Lid van die Politburo het gesê: "You cannot be a true intellectual if you don’t understand Western classical music."
In die Weste is klassieke musiek op die afdraand: "The art form is being increasingly marginalized in a sea of popular culture and new media." In die Westerse letterkunde is die situasie soortgelyk (SêNet, 27 Junie). China beur in die teenoorgestelde rigting: "With the same energy, drive and sheer population weight that has made it an economic power, China has become a considerable force in Western classical music. Conservatories are bulging. Provincial cities demand orchestras and concert halls. Pianos and violins made in China fill shipping containers leaving its ports." Terwyl onderrig in musiek aan openbare skole in die Weste afgeskaf word, is daar in China 30 miljoen klavier- en 10 miljoen vioolstudente.
Dit word algemeen aanvaar dat China besig is om op talle terreine vinnig vooruitgang te maak; dermate dat voorspel word dat dit die leidende moondheid kan word. Die grootte van die bevolking speel hierin ’n rol, maar baie van die inwoners moet energiek en gekoördineerd optree om dit moontlik te maak. Wet en orde word (ten minste tans) hoër as politieke bevryding of demokrasie geag. Maar daar is ’n ander noodsaaklike element: Die Chinese is bereid om die Weste na te volg in soverre daar ’n bewese rekord van sukses en voorspoed te bespeur is. In die kunste, bv musiek, word dit gedoen sonder om hulle eie kultuur prys te gee. Die eeue oue Chinese kultuur is sterk of selfversekerd genoeg om positiewe Westerse invloed nie net toe te laat nie, maar dit inderdaad as heilsaam te verwelkom. Twee here word met voortreflike resultate gedien. Dit geld ook in ander vinnig ontwikkelende lande in die Verre Ooste: Japan, Suid-Korea, Singapoer, ens.
Vervolgens vestig ek die aandag op die situasie in die Midde-Ooste, met verwysing na Erin Burnett se artikel: "The problem with the Arab world’s love affair with English" (Fortune, Europe edition, 21 Mei 2012, p 42). Tydens ’n besoek aan Doebai stel sy vas: "English is fast becoming the only language of a new generation of educated Arabs." In die state aan die Persiese Golf is die geletterdheidskoers 98%, maar dit is al hoe meer in Engels en nie in Arabies nie. "This English bias starts early, with children in private ’model’ schools in the United Arab Emirates studying their full curriculum, including math and science, in English. But state schools are pushing a pro-English agenda too." Sy verwys na ’n plaaslike universiteit wat glad nie studie in die taal Arabies aanbied nie.
"The trend appears to be taking hold regionwide. In Saudi Arabia, many upper-middle-class families speak English at home – not just at work – because, as one knowledgeable source told me, parents fear Arabic isn’t sophisticated. One Emirati CEO told me his own children do not speak Arabic fluently. He said he put them in English schools to help ensure they’d have greater career prospects. But now he says he regrets that his children don’t feel comfortable speaking the language of their forefathers."
Burnett: "Sure, English is the world’s business language. More Chinese are learning English right now than there are Americans in the US. But China has struck a bilingual balance. Its research universities teach some of the world’s brightest minds in Chinese." ’n Arabiese hoogleraar het gesê: "If you’ve got your head screwed on right, you’ll do it like the Chinese."
Vervolgens pas ek die voorafgaande op die situasie in die nuwe Suid-Afrika toe. Engels is toenemend die onderrigtaal in sowel private as staatskole. Dit geld ook tersiêre inrigtings, soos universiteite. Aan baie van hierdie inrigtings is die studie van Afrikaans, selfs as ’n opsie, afgeskaf. Daar is die neiging om die eens gevestigde departemente Afrikaans (en Nederlands) aan universiteite, in soverre hulle tans nog bestaan, deel te maak (en nie noodwendig die belangrikste deel nie) van ’n departement vir moderne tale.
Sowel die swartes as die bruines heg in baie gevalle min waarde aan hulle kulturele erfenis, insluitende hulle tradisionele moedertaal. Soos die Arabiere ag hulle die Afrikatale (in die geval van die swartes) en Afrikaans (in die geval van die bruines) nie gesofistikeerd genoeg nie, gevolglik verkies hulle Engels. Dit toon hoe dwaas en paternalisties dit van sommige vegters vir Afrikaans is om hulle alewig vir die bevordering van sowel Afrikaans as die (ander) Afrikatale te beywer. Dit sou beter wees as probeer word om net Afrikaans te bevorder.
Die Chinese voorbeeld wys dat Westerse kultuur (insluitende Engels) met gunstige gevolge in ’n nie-Westerse samelewing opgeneem kan word. Maar dan moet die positiewe elemente in die inwoners se tradisionele kultuur sterk genoeg wees om staande te bly. Omdat die bevordering van optimale begrip of insig so belangrik is, word Chinees (veral Mandaryns) as moeder-, skool- en universitêre taal gekoester. Die Chinese beërf eers die koninkryk van hulle moedertaal en daarna word ander dinge (bv Engels) bygevoeg. Anders as hier plaaslik redeneer die Chinese nie dat werkgeleenthede Engels vereis (wat gewoon nie altyd waar is nie) en dat skool- en tersiêre onderrig dus in Engels moet wees nie.
Maar hierdie verskynsel gaan veel dieper. Die wittes en Asiate is tradisioneel die suksesvolste groepe in Suid-Afrika. Hulle getrouheid aan hulle kulturele erfenis het hierin ongetwyfeld ’n rol gespeel. Taalkundig is die nuwe Suid-Afrika vir die Engelssprekende wittes en Asiate nie so ’n groot bedreiging nie. Die Afrikaner se kulturele erfenis word egter tot in sy diepste wortels bedreig en dit omdat baie swartes (en bruines) so min waarde aan hulle moedertaalerfenis heg.
Daar is aspekte van hulle kultuur waaraan swartes bly kleef. Dit lyk asof sommige hiervan negatiewe gevolge kan inhou. Die Chinese het ten minste amptelik die ruimheid van gees en die insig om te besef dat daar in die Weste voorbeelde gestel word wat hulle in hulle eie belang behoort na te volg. Wat vind ons in die nuwe Suid-Afrika? Amptelike afkeuring van baie of alles wat Westers is en die hoogste lof vir (swart) Afrikane en (swart) Afrika. In soverre hierdie mense en lande (steeds) nie aan hierdie idealistiese verwagtinge voldoen nie, word die skuld aan die Weste gegee.
Wat hier gebeur, is ’n slaafse navolging van die leerstellings van Frantz Fanon (1925-1961), ’n Wes-Indiër wat veral in koloniale Algerië politieke onrus gestook het. Hy erken: "Europe has been successful in as much as everything that she has attempted has succeeded" (The wretched of the earth, London: Penguin, 2001, p 251). Maar dan kom hy met hierdie oproep: "Comrades ... brothers ... we have better things to do than to follow ... Europe ... We today can do everything, so long as we do not imitate Europe, so long as we are not obsessed by the desire to catch up with Europe" (p 251-252). Oor Europa (of die Weste) se trots op eie prestasies skryf Fanon: "She should not make such a song and dance about it" (p 253).
"So, comrades, let us not pay tribute to Europe by creating states, institutions and societies which draw their inspiration from her ... If we want to turn Africa into a new Europe, and America into a new Europe, then let us leave the destiny of our countries to Europeans. They will know how to do it better than the most gifted among us" (p 254). Wat is die alternatief wat Fanon vir Afrika voorstaan? "It is a question of the Third World starting a new history of Man ... comrades, we must turn over a new leaf, we must work out new concepts, and try to set afoot a new man" (p 254-255). Dit weerspieël wesenlik die ANC se gesindheid: Vir Afrika se probleme moet Afrika-oplossings gevind word, maar die besonderhede bly agterweë.
Van Thabo Mbeki se Afrika-renaissance hoor ons nie meer nie, al word daar geglo (en in enkele gevalle is dit waar) dat daar wel ’n mate van herlewing in Afrika is. Maar die sleutel tot sukses, soos die Chinese besef, is om Westerse prestasie openlik te erken en na te volg. Die groot voordeel wat die ANC-regering het, maar opsetlik miskyk, is dat daar uitstekende onderbenutte materiaal plaaslik beskikbaar is om die land (weer) op die Westerse wenpad te plaas, naamlik die blankes. Hulle behoort toegelaat te word om ten minste op ’n nie-rassistiese en nie-seksistiese grondslag, dus op gelyke voet, om elke pos mee te ding. Pleks daarvan word amptelik geredeneer dat die wittes maar die land kan verlaat en word daar by aanstellings voorkeur aan swartes uit die res van Afrika bo plaaslike wittes gegee. Daarmee word die karige beskikbare deskundigheid in die res van Afrika verminder. Die ANC-beleid benadeel dus sowel Suid-Afrika as ander Afrikalande.
Ten slotte keer ek terug na die musiekverwysings hierbo. Adolf Hitler was goed met die Oos-Europeërs bekend. Hy het Oos-Europa beskou as "a splendid market for cheap cotton goods – the more brightly coloured the better ... Why should we thwart the longing of these people for bright colours?" (David Olusoga and Casper W Erichsen, The Kaiser’s genocide, London: Faber and Faber, 2011, p 339). Ook: "All the villagers require is music, music and plenty of it. Cheerful music is a great incentive to hard work, give them plenty of opportunities to dance and the villagers will be grateful to us" (p 337). Ons weet dat die plaaslike inheemses ook geneig is om van spoggerige, kleurryke drag te hou en dat hulle graag sing en dans. Hulle wek die indruk dat hulle meer energiek en entoesiasties tydens politieke optogte as by die werk is, dat hulle graag toi-toi en baie tyd afstaan om na pryssangers te luister, selfs in die parlement. Ongelukkig is al hierdie gevalle voorbeelde van onproduktiewe gedrag. Weer eens kan die Westerse voorbeeld as nuttige plaasvervanger dien.
Johannes Comestor

