Tot ek weer in liefde glo
Vertel my weer die storie oor die prinses wat wens dat ’n prins haar sal red
Hy steel haar van die draak en neem wraak
Teen die heks wat haar hart het
Hy gee haar een soen
En sy besef hy’s alles wat sy soek
Hy sal haar altyd verstaan
Altyd by haar staan
En die waarheid praat
Haar nooit agterlaat
Dan verdwyn hul in die sonsondergang
En leef saam gelukkig en lank
Vertel dit oor en oor
Tot ek weer in liefde glo
Want my prins was nie ’n prins nie
En sy perd was nie ’n hings nie
Hy het my kom red vir die pret
Om die wêreld te bewys hy’s perfek
En die leuens wat hy asemhaal
Verander drasties aan die fe?verhaal
Kan iemand hierdie pyn vir my vertaal?
Want ek begin al hoe minder te verstaan
Wat reg voor my aangaan
Die dae in my tronk
Was ek nog veels te jonk
Om my emosies te beheer
En om die gevare te bespeur
En soos die tralies om my gebreek word
Het die mure om my hart ineengestort
En weerloos het hy my getroos
En vreesloos het ek hom geglo
Te naïef te lief
Berug en slaan op die vlug
Hy het my die wêreld buite die tronk gewys
My van geluk en glimlagte bewys
Saam met my deur storms gereis
Maar die profesie? het voorspel
Dat hy net leuens vertel
Sy liefde vir die verbode vrug
Lok hom en vat hom terug
Saam met dag en nag
Het ek gaan jag
Vir antwoorde, vir vae vrae
Van vergete dae
Die maan het bitter min gekom en gegaan
Toe hy my finaal laat staan
Sonder verskoning of pyn laat val
Om in die nag te verdwaal
Gestrand in ’n onbekende land
Doelloos op soek na sy stem
Want hy is al een wat my ken
Ek is nou ’n gevangene in ons herinneringe wat hier binne my kop tyd laat stop
Geen sterker hok
Niks anders niks meer
Net nog ’n meisie deur die liefde verskeur
Vertel my weer die storie oor die prinses wat wens dat ’n prins haar sal red
Hy steel haar van die draak en neem wraak
Teen die heks wat haar hart het
Hy gee haar een soen
En sy besef hy’s alles wat sy soek
Hy sal haar altyd verstaan
Altyd by haar staan
En die waarheid praat
Haar nooit agterlaat
Dan verdwyn hul in die sonsondergang
En leef saam gelukkig en lank
Vertel dit oor en oor
Tot ek weer in liefde glo
![]() |



