"Tot die vet vrou sing en dan begin te dans" deur Jaen Rossouw

  • 0

Tot die vet vrou sing en dan begin te dans

Een uit ? miljoen is ons beste kans
maar een uit ? miljoen is steeds ? kans
Ons hou net aan om aan te hou
Tot die vet vrou sing en dan begin te dans
Ons hou net aan om aan te hou
Tot die vet vrou sing en dan begin te dans (x3)

Ons weet dat almal weet
Ons verskil hemelbreed
Soos hier en daar
maar steeds ? hy en haar
Soos nou en dan
maar steeds ? vrou en man
Soos son en maan
maar steeds ? hen en haan
Ons weet dat almal weet
Ons verskil is hemelbreed

Aan ons is daar geen sin
Bewus daarvan is ons min
Aan my en jou is daar geen sin
Nes ? sjokoladeslaai
En ? koue yskas pie
Maar bereid is ons om dit te try

REFREIN:
Ons hou net aan om aan te hou
Tot die vet vrou sing en dan begin te dans
Ons hou net aan om aan te hou
Tot die vet vrou sing en dan begin te dans (x3)

Het ons êrens dalk ? fout begaan?
Is ons lot dalk verkeerdelik bepaal?
Duister lyk die konvensionele pad
Suurstofloos en onsmaaklik kleurloos
Ons sit vir altyd in die sesde rat
op die onkonvensionele grondpad

REFREIN (x2)

Tot die vet vrou sing en dan begin te dans

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top