Tot die see opdroog
Jy is soos die water in my koffie
Ek kyk na die sterre, en kyk hoe dit wys na jou
Saam jou is dit soos ? sprokiesverhaal
Die droom wat ek al lank droom
Ek hoor jou stem bo die geraas
en dink aan die begin vir oulaas
Ek het verlore geraak in jou oë
Sal veg vir jou, veg in alle oorloë
My voete raak nie meer die grond nie
en daar kom nie ? klank uit my mond nie
terwyl ek bewonderend staar
REFREIN:
Ek sal my drome volg na jou tot die hemele kom
Tot my naam geroep word van bo
Tot die aarde ophou draai
Tot die see opdroog
sal ek veg vir ons
Jy’t jou mure opgebou
Sal my hart gee en dit afbreek, dit afbreek
Soos die Babelse toring geval het sal jou mure val
Elke keer wat jy my van my voete af slaan
en my glimlag herstel
Ons dae raak nou getel en ons harte sterk
Die dae raak donker
Maar ek sal voor jou neersak
REFREIN
Soos ek nou verleë staan
Sal ek altyd ons tye saam onthou
Dalk eendag bring die sterre ons weer bymekaar
Sodat ek weer onheilspellend verlore kan raak in jou oë
Weer my voete in die lug sal hou
En my verlos van alles wat sleg is


