Tot die liefde wen
REFREIN:
Bly stil, maak stil die krag-gedagtes
Die sagte wagte voor jou mond wat die kop gesond hou, rou
Bly stil, bly stil en probeer weer
Maskeer die wit geraas, die hond en sy baas tot alles verby is
En luister, dan luister ons saam in die stille nag
die heilige nag na die kinders wat wag
Wag
Wees reg, kruip weg
tot die Liefde Wen
Bietjies-bietjies
Nog net ? bietjie langer
Nog net ? bietjie meer hulp
Hulle sê elke bietjie help
Ekweetvanjou,okay?
Maar met arms van lood, splinter in my oog
en die tyd is verstreke
Pyn en gebreke
Blind en doof kan ek in vrede aanhou
Aanhou lewe met die nuus om sewe
Eksienjouraak,okay?
Praat en praat tot dit laat raak
Net ? straatlig vir die kinders
Skei die goed van hul kwaad
Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie?
Ons weet wat, maar ons weet nie hoe nie
So gee op en gaan uit op jou date, fluit-fluit
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


