"Tot aan die einde" deur Johan van der Merwe

  • 0

Tot aan die einde

Refrein

En waar sal jy wees as die aarde ophou draai?
As die vuur uit die hemel neerreën, en die stormwinde begin waai.
Sal jy my kom soek al het ek jou teleurgestel, al het ek dit verdien?
Is jou hart groot genoeg om my tekortkominge te ontsien?
Sal die laaste gesprek wat ons gehad het aanleiding gee tot my oordeel
Het ek daardeur onwetend my eie lot beseël?
Het my woorde jou so diep gesny soos wat ek wou gehad het dit moes?
Sal jy daarom nou jou rug op my draai as die aarde my verwoes?
En as ek nou uit volle bors uit skree, sal jy my dan hoor?
Is dit nou jou beurt om vir my te lag as ek tussen die wrakke dartel?
Kyk jy na my en skud jy net jou kop as ek tussen die skerwe spartel?
Want die berge val in die oseaan, ek verdrink, maar ek dink net aan jou.
As ek my hand uitsteek sal jy my na veiligheid trek, omhelsend jou arms om my vou?
En as ek uit volle bors uit skree, sal jy my dan hoor?

Refrein

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top