too puzzled for words

  • 0

legkaart raak nou volledig storie, Mens sien,
ervaar, Mens neem Self waar, alle segmente,
van neo-struktuurgeweldsindroom, hoe Mens,
mede-Mens verloën, belieg, bedrieg, haat,
uitwis, hoe spioene heel diplomaties, geheim,
geheime uitruil, stories uitvis, hoe God, Almagtig,
in al Sy Genade, Liewe Vader, Univers-Skepper,
van Skepsel, Mens en Dier, Hemel en Aarde,
Millennium Drie Mens, Homo Sapiens Sapiens,
opnuut geleentheid Bied, neo-aktualisering,
van Sy Ideaal, Sy Idee: “Mens in Lewe Twee”

noggie te vroeg, te laat, Tyd’s glattie onryp,
naai, Besinningsbesluit, Herwinningsaktiwiteit,
ja, Waarheid, Oorwinningsgerigtheid, fokus,
sal Mens bring na wetenskaplik ervaring,
van medemenslikheid, waardigheid,
vir al wat’t werd mag sou mag wees

Liewe Jirre, Jene, waarom’s Mens so paranoïes,
bevrees, vasgestres in struktuurgeweldsamelewing,
situasie, Mens net nogge werktuig, masjien-onderdeel,
van Self-destruksie, ultra-“Duiwelspiek”-dissipelskap,
super-onkunde-ontkenning, Self-weerhouding,
van wel en wee, van Realiteit, van Lewe Twee?

Homo Sapiens Sapiens in sy/haar noppies,
druk net knoppies, IT-behep, vol gemorskos,
motordampe, al sluipend via stadsgeraas,
soos ‘n rotresiesrot, al is Kapitaal toetentaal,
volledig, vrot-bankrot, insolvent, opgeveil,
gaan Mens onnodiglik gebrek aan plesier,
van Geregtigheid, genot, vrede, Waarheid,
Self-werksaamheid, Self-respek, intuïtief,
wat een Mens aan ‘n Anner, Naaste,
liefdevol, vol van Sy Liefde, Waar, Eg,
sal moet gee, progressief, in der mate,
indien’t, Eksklusief, Sý Wil sou wees

Skepper, Vader, Abba, Almagtigheid,
Volmaaktheid, Essensieel mos Mens,
niks afgodlik, “Duiwelspiek”-sieklik,
of vreemd, vir diegene wat Bewus is,
anners ook só hoop verleen, skenk,
armstes onner onopgehefdes ophef,
Paradys as Erflating, Deel beskikbaar,
maak, ja, Mens, volledig na Sy Wens,
Taktvol, Probeer red, herlei, wegkeer,
Bevry, uit “Duiwelspiek” se demonika,
Mens, Ultra-Spiritueel, Probeer te red,
t’verlos, t’bevry, uit “Duiwelspiek”-virus,
uit vyand se ondraaglik-onsmaaklik hel

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top