Hello,
Ek is sekerlik nie die enigste kyker wat wonder wat met Tony Soprano gebeur het nie. Die gesin kom bymekaar vir ete, die afwagting is dat Tony en dalk sy gesin in hierdie toneel vermoor gaan word en dan ’n swart skerm en die einde onbekend.
Vandag is die uiteinde uiteindelik bekend. Tony Soprano vertolk deur James Gandolfini is oorlede aan ’n hartaanval terwyl op vakansie.
Hierdie maak uiteindelik ’n verloop moontlik, Tony en sy gesin oorleef die ete en is veilig, ’n hele paar jaar gaan verby en dan onskuldig terwyl op vakansie kom klop die dood aan sy deur en is dit die einde.
Hierdie is nie goeie nuus nie en ’n verlies vir hierdie kyker wat gefassineer was deur Tony Soprano as ’n Mafia-baas wat angsaanvalle beleef het asook depressief was met tye. Wie sou dit ooit kon dink.
’n Uitstekende reeks, ’n uitstekende akteur.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hello,