Tony Soprano is oorlede

  • 1

Hello,

Ek is sekerlik nie die enigste kyker wat wonder wat met Tony Soprano gebeur het nie. Die gesin kom bymekaar vir ete, die afwagting is dat Tony en dalk sy gesin in hierdie toneel vermoor gaan word en dan ’n swart skerm en die einde onbekend.

Vandag is die uiteinde uiteindelik bekend. Tony Soprano vertolk deur James Gandolfini is oorlede aan ’n hartaanval terwyl op vakansie.

Hierdie maak uiteindelik ’n verloop moontlik, Tony en sy gesin oorleef die ete en is veilig, ’n hele paar jaar gaan verby en dan onskuldig terwyl op vakansie kom klop die dood aan sy deur en is dit die einde.

Hierdie is nie goeie nuus nie en ’n verlies vir hierdie kyker wat gefassineer was deur Tony Soprano as ’n Mafia-baas wat angsaanvalle beleef het asook depressief was met tye. Wie sou dit ooit kon dink.

’n Uitstekende reeks, ’n uitstekende akteur.

Baie dankie

Wouter  

  • 1

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Ek kyk weer na daardie foto, selfversekerd, die baas en is daar geen twyfel nie van hoe belangrik hierdie persoon is nie en dring hy ook aan dat hy as die belangrikste behandel word in 'n episode wat dit as onderwerp gehad het en die toon van die hele verhaal aangee. 
     
    Hierdie is 'n fiktiewe persoon wat 'n werklikheid behaal het soos min skepping uit die kunste kon doen. 
     
    Harold Bloom sal aanvoer dat Hamlet, Falstaff, is so werklik soos enige mens van vlees en bloed en ek vermoed dat James Gandolfini dit vir Tony Soprano ook moontlik gemaak het. Ek ervaar daardie werklikheid met Hamlet as 'n voorbeeld om Harold Bloom se stelling te onderskraag. 
     
    Tony Soprano het so werklik in ons verwysings geword as wat Barack Obama byvoorbeeld is en dit vind ek verstommend en gee weereens die eer aan James Gandolfini die persoon wat Tony Soprano lewend gemaak het.
     
    Enige iemand wat die reeks gevolg het sal weet hierdie was een komplekse persoon en het ek lank getob oor hoe om sin te maak van Tony Soprano. 
     
    Heel onverwant tot hierdie nuus is daar vandag in die New York Times die volgende paragraaf wat my weer laat dink het hieroor en dan mense in die algemeen: 
     
    We don’t give other people credit for the same interior complexity we take for granted in ourselves, the same capacity for holding contradictory feelings in balance, for complexly alloyed affections, for bottomless generosity of heart and petty, capricious malice. We can’t believe that anyone could be unkind to us and still be genuinely fond of us, although we do it all the time.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top