tongvrug

  • 0

b’staan Afrika-taal, kontinentaal, al v’r bai’ lank,
berg-oor, via kloof, vallei, éggo eggo, v’n’r klank,
taallei’rslegitimiteit, Broed’rseerl’kheid, gou soek,
soos kwasi-Afrikaanses m’kaar skell’nd v’rvloek

wêreldwyd, wyd-’n-syd, wet’nskapl’k b’rig,
allie dimensies, funksies, re tong se vrug,
vat mossie veel v’rstand, lingua t’v’rstaan,
suiw’r taalwater oor taalakker t’laat gaan

vóór Afrikaanse eie, oorg’erfd’, r’spekloos onteer,
vóór kultuurlei’r aftree, gaan balhang in sy paleis,
soek volk ’n g’skied’nis, storie, ’n rasionaalv’rhaal

versus IT het Afrikaans maar min v’rweer,
is amper al asof oorlew’ng feitl’k als opeis,
moed’rtaal s’lot finaal deur sprek’r b’paal

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top