Na ’n fliek blaai ek deur die kanale en kom af op Ton Vosloo en Sandra Prinsloo, net daar waar hy vir haar vertel waar hulle op ’n plek in die Johannesburgse middestad moes wag vir ’n stuk van die koerant of iets "maar", voeg hy by, "daardie dae was Johannesburg nog veilig".
Later in die onderhoud wat Sandra met hom voer spreek Ton sy kommer uit oor ontwikkeling in die mooi natuurgebiede en vertel hoeveel moeilikheid hulle met onbevoegde en onsensitiewe dorpsrade in die verband het.
Nou hoe nou; is dit nie juis Ton-hulle wat hulle vir hierdie bestel beywer het nie?
Een waar ding wat Ton sê en waarna van die meer verligtes hier op die sê maar ter harte kan neem is dat ’n taal, wat nie vir kommersiële doeleindes ingespan word nie, gaan sterf. Daar gaat die storie van besigheid doen in Engels en droom in Afrikaans; dit werk nie. Mens droom in elk geval nie in ’n taal nie.
Jan Rap

