"Tol en tol" deur Machtilt de Beer

  • 0

Tol en tol

Hoekom is die aarde rond,
soms is dit rond en bont
‘n prys vir hoop en wense, ’n
onbekende pad van grense
die wêreld is my tuisland,
trek rond van stad na stad,
elk met sy eie mense, mense
met drome en wense.

Koor

Tol en tol en tol, al
om die aardbol
tol en tol en tol, al
om die aardbol

Is jy dalk op soek na goud,
soms is dit net verbrande hout
die sirkel van die lewe, ’n
lewe met ‘n rede, ’n reis van
liefde en hoop, om op ver paaie
te gaan, jaar na jaar na jaar
trek rond van stad na stad,
soms na ‘n ver-ver land.

Koor

Tol en tol en tol, al
om die aardbol
tol en tol en tol, al
om die aardbol

Om wêrelde te verken, te veel
om te vertel, party te ryk
ander te arm maar iedereen
se hart klop warm, geen
wêreld kan dit jou bied, jou
reënboog dra jy in jou hart
jou seer dra jy binnekant.

Hoor met jou gemoed, dit gaan
jou goed vind jou eie reënboog, dra
dit in jou hart, soek na jou eie
goud, niemand gaan dit vir
jou bied, nêrens is goud verniet.

Koor

Tol en tol en tol, al
om die aardbol
tol en tol en tol, al
om die aardbol  

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top