Tog maar net
Kom maar hier, steek uit jou hand
sê tog maar weer: “miss net ’n rand,
my hemp is oud, my vrou is koud,
ek ruik soos brandy in my coke”
die Huletts-suikersakkie’s leeg
“miskien moet ek ’n job oorweeg”
as als maar tog net goed verloop
anyway
ons almal face die dood
hy haal sy hande uit sy broeksak
gee my so ’n Colgate-smile
no man, daar’s nie nou meer pearly whites
jo my bra, it’s been a while
sy hande is hard van die son se brand
sy oë skuil agter watter kant
van die pad sal ek hulle vidag blame
ag dit maak nie saak, stays always the same
gee my tog ’n kans
gee my tog ’n dag
gee my nog ’n uur
om daai lunch break verder te vat
gee my tog ’n naam
gee my tog ’n place to stay
gee my dan net lift tot daar
of maybe net ’n uur se pay
![]() |



