"Toerusting vir my kind" deur Carol van Zyl

  • 0

Toerusting vir my kind


Ek breek jou gisters soos droë hout af
En gee jou ’n sleutel van glas
Wat pas op jou nuwe lewenskas
Dit bewaar jou uitrusting vir môre en elke ander dag

Daar is geen tiara of kroon
Met goud of diamant
Maar wel een van wysheid  en  verstand
Dra dit  met opregtheid  en goeie vertoon

Geloof en God se liefde
Is daar  vir  ’n lig op jou pad
En om  liefde en geluk met jou saam te vat
Is daar  vir jou hart ’n abbasak

Vir jou hande ’n handskoen of twee
Vir  vasvat en saamtrek,
Saamvat en bymekaartrek
En ’n hand vol liefde om weg te gee

Skoene vir jou voete dié is daar vele
Tekkies vir die  ongenaakbare harde pad
En al die dorings wat buite nog wag
’n Paar sagte skoene vir innerlike vrede

Bedagsaamheid, vreugde, eerlikheid
Is styf teen mekaar ingepak
Langs dit deugsaamheid en insig
En jou lemoenduifielag

Dit is waarmee ek jou toerus
Gebruik dit alles goed my kind
En jy sal jou pad na jou Verlosser vind

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top