Toeka-dae
Koor
In ons toeka-dae,
ons kindweesdae.
Was jy net nog ’n gesig,
net nog ’n asem in die lug
net nog ’n droom van my op ’n uitgestelde vlug.
Dit was so lank terug …
Vers 1
Soos Jak de Priester in daai song sê:
“Op die internet kan ons nog kommunikeer.”
Jare gaan verby,
net daar het ek jou gekry
op Facebook gesels ons oor en weer.
Vers 2
Deur ’n aand in die Spur
het ek en jy uiteindelik begin.
Maar ai,
met dorpe, draaie en seinlose grondpaaie,
sukkel die SMS’e om deur te dring.
Herhaal koor
Vers 3
Tussen die koringlande van goud,
het dorp vir plaas gevind.
Tussen die muggies van somer
het ek my lippe aan joune vasgebind.
Vers 4
Soo ek netnou gesê het,
jare gaan verby.
Ek en jy
stap nog daai seinlose grondpad saam,
waar jy altyd so graag moterfiets ry.
Maar …
Herhaal koor
Brug
Al waai die wind en word my stem versmoor,
al vergaan die sein,
en kan jy my oproep nie hoor.
Kan ons nog altyd deur die internet kommunikeer,
en mekaar ontmoet vir ’n aandjie in die Spur.
Dan praat ons oor …
Herhaal koor
![]() |



