Tikkende vingers

  • 0

Tik, tik, tik
vinnig, haastig en lastig!
Verstik in die woorde,
Gebruik lang
of kort sinne.
‘n Nuwe woordeskat.
Elke keer ‘n nuwe webblad.
Die hand word lam.
Wit muis aan die brand.
Gedagtes besonders,
bewonder die nommers,
speel met die wiskundesomme.

Knip, snipper en plak ‘n beeld.
Die internet is gereed.

Die webblad is warm,
en die databundel arm.
vingers bly,
vingers gly,
Oor die swart toetsbord.
Elektrisiteitsvraat.
Van yster en plaat,
kort ure sal nie baat.
Kan die hoofskakelaar
Saggies, onverwags praat.
Haak die spoed vas,
rekenaarskerm van waterglas.

Swig die internet hard,
papier blink en glad.

Skakel na 010101-asem,
Spog met gryswit wasem.
Soek werkwoorde.
Soek ander soorte.
Toetsbord tik voort,
Swart of rooi,
Internet mooi opgetooi.
Links of regs,
Alles is reg.

                                

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top