Thys Human en Kobus de Klerk-sindroom

  • 2

Heil die leser.

Dit behoort eintlik niemand te verbaas hoe die twee ou manne in 'n hekeldans op die maat van anderhaat so gepas hierin bymekaar kom nie.

In 'n woernaal tot eer aan Kobus de Klerk spu Thys Human die volgende: "Ek (Thys Human) blaai gewoonlik maar verby Kobus se artikels want ek het oor die jare geleer dat dit nie help om met hom oor godsdiens in ’n debat te tree nie. Maar toe kom kyk ek wat hy oor Kerkorrel/Rabie te sê het en ek moet raaksien dat ons nogal heelwat in gemeen het oor die man en sy vermeende bydrae."

Nou toe nou!

Ongelukkig is daar veel meer in gemeen in hul algemene gemeenheid teenoor ander as wat enigeen ooit sou wou weet ...

Daar is reeds meer as net 'n keer hier uitgewys hoe Thys Human aan dieselfde mate van narsisme as die ou grote Kobus de Klerk (soos hy graag na homself verwys) ly. Die een 'n ateïs; die ander 'n gerekende godsdiensboef ... beide slaan egter met dieselfde haat toe waar hulle van 'n ander se hart bewus raak.

Dis ook opmerklik hoe al twee die ou manne hulself as meesters beskou; die van die Bybel - die ander van Afrikanerpolitiek en Boeregeskiedenis. Ewe amusant pas albei boelies ook dieselfde maat van "spirituele intelligensie" toe waar algemene kennis in hul eie "onderwerpe" te kort skiet.

In 'n naakte aanval vol haat hoon Kobus de Klerk my met: "Naby aan Kerkorrel, sê jy, Cornelius? Waar was hulle toe hy sy krisis beleef het? Was hulle toe ook na aan hom? So 'na' dat hy by hulle geen vertroosting kon vind of ten minste die weg na vertroosting, nie?  Hy is nou dood – op watter manier is hulle nou, met sy gevulde graf, 'na' aan hom?"

Ja, dis verstommend en hartseer om die minste te sê. Kan dit dieselfde Kobus de Klerk wees wat hier 'n ode aan homself bring oor die hartseer sterftes van "sy seuns"?

Kobus de Klerk bekla homself vol selfliefde met die volgende na een van "sy seuns" se oorlye aan 'n oordosis dwelms, eensaam en alleen, iewers in Hillbrow: "Ons het van die Wildtuin af teruggevlieg vir die begrafnis. My hart was so verskeur dat ek nie kon praat nie, ek het soos ‘n dooie gevoel. Dit het my lank geneem om weer tot verhaal te kom, en om die situasie te verwerk, en daarmee vrede te maak."

Ja, gee jou hart vir die Hillbrow ... en wat kan 'n mens vandag op die twee ou boelies, Kobus de Klerk en Thys Human se hartelose spot hierbo antwoord? Hoe lyk hul gewaande spoor vol selfverheffing in die regte lewe, dit wat hierdie twee here na soveel jare se genade aan hulle betoon op aarde agter laat?

Nee Kobus de Klerk, ek sal jou nie troef met "waar was jy" in "jou seuns" se opvoeding nie. Ek sal jou ook nie spot met "waar was jy" die dag toe hulle 'n uitkoms gesoek het nie. Ek sal ook nie nes jy ander trap met; "dit moet 'n harde klap deur die gesig wees as 'n ateïs met jou ooreenstem", nie (om te dink jy dink toe nes 'n ateïs oor 'n ander se dood). Ek sien ook eerlikwaar nie uit na enige van jul siek kommentaar of "volledige bydraes" hierop nie ...

Kobus, ek hoop egter net dis dalk nou uiteindelik duidelik vir jou en Thys Human dat 'n mens minstens eers die venster oopmaak voordat jy ander met klippe gooi.

Hoe kon enige ander naby weet toe Gé Korsten die dag desperaat geraak het?

Teen die dood groei geen kruid nie.

Hoe sal ek weet waar ek die dag gaan wees as iemand naby aan my te moeg raak?

Die dood maak almal gelyk, maak nie saak hoe jy daarby kom, hoe besonder jy dink jy is of watter mens agterna by jou graf staan nie.

Ek ken geeneen, nie Kobus de Klerk, Thys Human of eens my eie hart nie. Net God ken ons harte; net God gaan daar wees - by elkeen van ons as ons ook uiteindelik tot sterwe kom. Genadiglik is niemand so eensaam in daardie oomblik as wat dit lyk nie.

Mag Jesus Christus onse HERE se liefde, genade en troos by elkeen wees wat hier geraak word. Mag Jesus Christus onse God ons almal vergewe en by ons elkeen wees wanneer ons die dag oor daardie laaste drumpel van hierdie lewe trap.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 2

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Ek kan nie mooi uitmaak wie van jy of KdeK is die mees bekrompe, fundamentalistiesse gelowige nie. Ek dink tog ek sal die eerste prys vir jou gee, want KdeK het minstens sieninge oor ander sake waarmee ek kan saamstem.  (Terloops, Kobus, net vir geval jy grootkop wil kry: Ek voer nie debatte met jou oor godsdiens omdat jy altyd reg is nie, maar juis oor jy altyd verkeerd is, maar nie na 'n ding luister wat iemand anders sê nie!).

    En Henn, jy moet tog gaan kyk, daar is 'n verskil tussen haat en afsku. Ek haat niemand wat aan hierdie forum deelneem, maar ek verafsku 'n hele paar van hulle - en dit sluit jou in.

    Groete

  • Kobus de Klerk

    Jy kan gerus vra, Cornelius.

    Waar was ek toe die seuns my nodig gehad het? Ek was daar vir hulle, maar daar is niks wat ’n jong, kleuter kind so breek as om deur sy eie vader verwerp te word en deur sy moeder versaak te word, nie – terwyl beide van hulle nog lewe, nie. Daar is geen mens wat die plek kan inneem van die vader en die moeder van daardie kind wat so verwerp en versaak word, nie. Die pyn is te groot, veral wanneer die kind sy vader as sy held beskou, maar deur sy vader verwerp word. Daar is geen pyn so groot as die pyn wat ’n kind deurmaak wanneer hy keer op keer na sy vader se huis gaan en elke keer, sonder rede, weggejaag word soos die onwelkome straatbrak, nie.

    Maar, dit is duidelik dat jy die punt mis. Die punt is dat dit tjoepstil was voor Kerkorrel se selfmoord. Geen odes, geen lofbetuiging, niks. En daar is ook geen vergelyking tussen die bekende omstandighede van Kerkorrel en die seuns waarvan ek praat, nie.

    Maar die belangrikste verskil is dit – die mense wat na die seun se oorlye aan hom hulde gebring het, is dieselfde mense wat dit ook voor sy oorlye, teenoor hom uitgeleef het. Maar die pyn van verwerping en versaking deur diegene vir wie hy onvoorwaardelik lief was en na wie se aandag en liefde hy daagliks gesmag het, maar nooit gekry het, nie, ten spyte daarvan dat hy beskikbaar was, gevra het daarvoor, probeer het... en dit het te veel geword. Om herhaaldelik uit sy moederhuis uitgesit te word, en telkens maar weer teruggaan soos ’n verleë brakkie.. tot hy weer uitgejaag word omdat hy in die pad, is. Die toekoms was vir hom te erg. Niemand, al het ons hoe probeer, kon instaan om die leemte daar te vul, nie.

    Jy praat waarvan jy niks weet of verstaan, nie.

    Dus, my kritiek is nie teen Kerkorrel nie. My kritiek is teenoor die odebrengers wat na die tyd hul odes bring, maar nie daar was vir hom voor die selfmoord, nie.

    Uiteraard kan mens nie van jou verwag om enigiets hiervan in te sien. nie. Jy kon nog nooit onderskeid tref tussen dinge, nie. Nou ook nie. So ook met jou vergelyking van my en die ateïs Human. Human het op een aspek alleenlik by my aangesluit en verder daarop uitgebrei – die kwessie van Kerkorrel se verdagte politieke agenda wat later net ’n leemte gelaat het omdat dit uitgedien was. Oor die politiek en die konsekwensies daarvan. hoef met nie op spirituele vlak raakpunte te hê om te kan ooreenstem, nie. maar hoe sal jy dit nou weet, want jy het nie insig , nie.

    Dat Human van gelowige wees, niks begryp nie,. is die verstommende onakkurate aanmerking wat hy maak dat jy n gelowige is.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top