The ''John B''

  • 0

vanoggend hier op die see-geronde bruin en gryserige klippe
wat op die horisonne links en regs
’n skielike strand word
draai die hele lyf
branders en wind in
soos die houtboeg van ’n ou karveel
ruik jy die gemmer, proe jy die ryk swartpeper, die mooi kaneel
breek ek my knope my hemp oop
ontbloot – voorkop, neus, keel, bors
testikels, voël in geheel
voete
en gryp en ry die yskoue snywind

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top