The dying members of SêNet

  • 7

Like everything else on this planet there is a beginning and an end to everything. Numerous empires had their heyday of glory, only to experience an eventual decline and demise, most of them dismally at that.

There was a time when SêNet was a robust forum where a wide spectrum of ideas and topics were heatedly debated, a platform for both great and mediocre minds. For readers both entertaining and a source of new information. An average of 20 writers per day. Today it is reduced to a paltry few mundane writers, slogging viciously at one another, ad infinitum and ad nauseaum, over a single boring en afgesaagde topic, namely the protagonists for service and humility to God and their antagonists, the “O so clever” atheists. Niks tot stigting deur beide partye bereik nie

Like the empires of ancient times, they were a reflection at the height of their glory, of great leaders, and during their dying throes, of inefficient and ineffectual leaders, resultant in their eventual demise. The height of SêNet’s glory was during the time that Melt was moderator. Today! What can I say?

Greetings
Aunty Schwartz

  • 7

Kommentaar

  • Aunty,

    Hoekom kom skryf jy nie hier oor 'n interessante onderwerp,wat almal se denke prikkel nie. Dis maklik om te kritiseer en die skuld op iemand te pak. Dit het niks te doen met Melt wat weg is nie,maar met 'n afname in belangstelling,wat ek direk toeskryf aan die blogs. Daar kuier en skel almal mekaar en ek dink dit het 'n uitlaatklep geword,wat nie meer bevredig word deur die briewe nie.

    Moenie deel wees van die probleem nie,doen 'n oplossing aan die hand. Die wat die hardste skreeu,doen gewoonlik die minste!

  • Auntie Schwartz, ek het teruggeduik in die argief en sommer lukraak op 'n datum afgekom, ek dink dit was iewers in Oktober 2006 en daar was 87 briewe,  38 met die oggenduitgawe en 40 die middaguitgawe!  As ek dit nie mis het was was Nadine Petrick toe die webmeesteres maar ek is nie seker nie.  Een ding onthou ek wel en dit was dat gedurende Nadine se tydperk as webvoet daar 'n geweldige volume briewe was.  Sy het egter nie spelfoute reggemaak nie maar ek het dit toegeskryf aan die groot hoeveelheid briewe wat sy moes plaas.  Deesdae, met die min briewe (nou die dag was daar so-iets soos 4 briewe, twee van hulle van een skrywer en 'n ander een die gereelde klaaglied in rymvorm!), maak hulle ook nie spelfoute reg nie.  Which just goes to show you, if somethin' aint broke don' fix it.

  • CorneliusHenn

    Hallo Jan Rap, ek moet seg jy sluit jou kommentaar nogals ampers nes 'n RSG advertensie met jou Ingels af ... maar dis nie nou die saak nie ... dink jy ook met ander woorde dalk straks dat Maggie die "acid test" vir die "dying hard" was?  Ek meen, was dit onse Maggie wat die deur so wyd oopgegooi het vir die hele onaangename ge-aliede karikaturale aanslag oppie werf nie? Is die einste "Auntie" hierbo dalk nie ook nog 'n oorblyfsel van die Tant-era onder Maggie se toegewydheid nie?

  • Dagsê Cornelius, daar het jy my!  Touché en al daai.  Ek moet egter sê ek wou Ingels met Auntie Schwartz praat, met die nou dat sy heeltyd Ingels praat maar toe dag ek sy lees als hier in Afrikaans so sy verstaan dit heel goed.  Maar jy's reg, ek het toe gedeeltelik geswig en vir haar 'n ou Amerikaanse gesegde in Engels gegee.  Mens behoort te waak teen versoekings.

    Wat Maggie betref; ek weet nie wat presies jy bedoel nie.  Wat ek wel kan sê van Maggie is dat sy met mening ingegryp het; eerste ding wat sy gedoen het was om ouens te kapittel wat mekaar slegsê en dan het sy sommer die briewe ook verander, 'versag' soos sy dit genoem het.  Een brief van my byvoorbeeld het sy 'n hele stuk uitgesny waar ek gesê het ek hou so min van Bafana-Bafana as wat die Bruin All Blackondersteuners van die Springbokke hou.  Om die waarheid te sê, Maggie het só ingegryp dat ek begin vermoed het sy is familie van die baas. 

    Terloops, Auntie Schwartz is een van my gunstelinge op die werf; nie noodwendig oor die implikasie van haar skuilnaam nie (ekself byvoorbeeld is nie anti-swart nie) maar omdat sy bietjie van 'n vars bries hier is, sy dryf nie saam stroomaf soos 'n dooie vis nie.

  • CorneliusHenn

    Beste Jan Rap,  

    Jy laat my skoon verleë voel ... ek't eintlik glad nie bedoel om jou te boul nie ... maar laat ek ook liefs waak teen verskonings ...  

    Ek dink Maggie wou regtig debat vanuit haar kunde en ervaring bestuur (onthou sy was gevorderd in die aktiwiteit sedert haar universiteitsjare reeds). Ek en 'n paar ander het egter min saak met sulke tipe redevoer en het haar duidelik met allerlei "onsinnige" digkuns tussen wesenlike werklikhede deur frustreer. Deel van haar hoop om stimulasie vir debat berus toe maar op karikatuurmeesters soos die persoon agter die einste "Auntie" hierbo.  

    Ek sal nou nie jou pret bederf en vir jou vertel hoeveel ander karikature die persoon agter die swart tante hierbo bedryf nie, maar dit het eintlik die kak uit my begin irriteer (ek meen - tot ou Kobus de Klerk speel daarmee saam so al asof daar 'n magdom alter-ego's en vyande oppie werf is - intussen is dit een of twee meesters agter 'n hele bende karikature oppie werf).  

    Nou ja, ek sal natuurlik baie oneerlik wees as ek ontken dat ek diep in die riool beland het met hierdie satire op die werf.  

    Desondanks, hetsy dit Melt of Nadine (beide het my erg bederf met pryse en dies meer), of Maggie, kan ek net dankie se vir elke Webvoet se toewyding oppie werf - ek het geleer en doen so steeds elke dag ...  

    Dan is daar Naomi ... wel, sy is daar van my geboorte oppie werf en nog altyd daar tot vandag toe!  

    Vir Naomi kan ek met die heel grootste liefde heelhartig dankie se ...  

    Nietemin Jan, jy't nog altyd my ondersteuning met ons Taal. Wyl ek die voorreg het om te sien hoe my dogtertjie in haar Moedertaal groei, kan ek nie anders as om eendag 'n roer saam met jou te gryp en te begin skoonmaak vir onse Afrikaans nie.  

    Afrikanergroete,
    Cornelius

  • Kan nie alleen webmeesters soos Maggie die skuld gee nie. 

    Elke persoon het 'n baas met 'n beleid. Die base met die beleide bepaal wat gebeur. 

    Suid-Afrika verander met 'n spoed. Wat mens op SêNet mog skryf het skielik baie in die politieke korrekte rigting beweeg.

    Ja, ek dink dit het onder Maggie gebeur, maar uit die aard van die saak was dit haar baas.

    SêNet is nou ten minste polities baie meer korrek, en dis die belangrikste ding wat tel, Aunty Shwartz. Moenie kla nie, wees bly.

    Ran Doodt

  • melt was 'n meester om debat lewendig en relevant te hou. en dikwels, as die debat (soos die huidige godsdiens/anti godsdiens geteem) te erg begin raak, dit in 'n beter rigting stuur. dit gebeur gewoon nie meer nie. daar is niks nuuts, niks wat die gewone mense se aandag meer kan vasvat nie. bloot die cut & paste van enkele liggeraakte individue en die slimpraatjies van enkelinge wat self nog meer wonder as die deursnee sot op straat. die blogs was van die begin af daar, tewens, die blogs het sênet aangevul.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top