The consenting cannibal's victim (vir Jaco)

  • 4

Jaco beweer dat die toets van aanvaarbaarheid vir seksuele praktyke instemming is deur beide partye.

Goed, kom ons veronderstel daar was 'n gay persoon wat 'n seksuele fetisj vir kannibalisme gehad het, wat aangedraai geraak het deur die gedagte van om 'n ander persoon se vlees te eet. 'n Tweede Jeffrey Dahmer, wat ook 'n gay kannibaal was. Die kannibaal plaas dan 'n advertensie op die internet wat soek na iemand waarmee hy sy fetisj kan uitleef. En, jou wrintiewaar! Iemand stem in om deel te neem hieraan. Die slagoffer gee sy "consent".

Lang storie kort, die slagoffer ontmoet die kannibaal, word vermoor en die kannibaal eet toe stukke van die liggaam. Alles met "consent". Volgens Jaco se definisie sou hierdie ook mos 'n aanvaarbare seksuele praktyk wees. Albei partye het hoeka ingestem daartoe.

Dit het terloops regtig gebeur in Duitsland.

Joe Pieterse

  • 4

Kommentaar

  • Joe Pieterse

    Ek is volkome bewus van die walglike geval wat jy noem.  Beide partye het ingestem om saam te kom. Op die ou end is tussen die twee besluit dat die een volkome gekastreer word, en al twee eet sy gebraaide geslagsdele, wat hulle wel gedoen het, en daarna  is hy INSTEMMEND deur die ander party vermoor.  Die oorlewende sit vandag in die tronk vir moord en kanibalisme met verswarrende omstandighede.

    Nouja vriend. Wat wil jy eintlik sê?  Op die sterkte van jou voorbeeld, moet homo's nou kwansuis tronk toe gestuur word, of wou jy maar net inlig oor twee instemmendes tot 'n sekere daad, in hierdie geval seksuele verminking en uiteindelike moord wat gepleeg was? Pleks van twee mans, kon dit ewe van toepassing gewees het tussen 'n man en 'n vrou.   In die geval van instemming kon die hof hul besluit nie fouteer nie, maar die daad van moord en kanibalisme was aparte regsmisdrywe, en daarop is die man skuldig bevind. 

    In 'n onlangse SA-geval was Brett Kebble INSTEMMEND  vermoor.   "On 27 October 2008, the National Prosecuting Authority officially recognised that Kebble orchestrated his own murder" .

     'n Ander onlangse voorbeeld, is die geval van 'n SA-doktor, wat met die INSTEMMING van sy terminaal kankerlydende moeder, terwyl hy in Nieu Zeeland was, om haar lewe te beëindig met 'n oordose morfien.  Die seun is vir moord aangekla, met versagtende omstandighede.

    In alle gevalle het die hof alle aspekte in aanmerking geneem alvorens gevonnis is.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top