Tevrede
Is jy tevrede met jou keuse?
Jy lyk maar misrabel
Jy het duidelik in die groef verval
REFREIN:
Jy drink jou gewone drankie
met jou gewone klere
met jou gewone houding
met jou gewone ou
Die wilde en unieke
individualisme het verdwyn
Is jy tevrede met jou keuse?
Waar is die spontaniteit?
Waar is die wilde lag?
Die geheime vonkel
in jou oë?
Is jy tevrede met jou besluit?
REFREIN
Jy het duidelik in die groef verval
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


