"Tevergeefs" deur Franci Dorfling

  • 0

Tevergeefs

Jakkals trou met wolf se vrou
terwyl ek hier buite in die koue wag vir jou.
Ek sit en hoop vir beter dae,
’n einde aan die hede van niks doen en vrae vra.
Ek hoop op ’n dag waar jy my sal sien,
my sal optel en sal vashou, my liefde verdien.
Jy lewe in ’n droom van vooruitgang en ’n toekoms,
maar jy stop nooit om te wonder waar jy vandaan kom.

Hardloop weg, ag toe nou, van die duiwels wat jou jaag,
hardloop in my rigting, want ek sal jou behaag.
Ek sien jou, ek ken jou, jy’s die ander kant van my,
maar jy dink jy weet wie ek is, nou loop jy maar verby.
Kom staan ’n bietjie stil, en sien jou deur my oë,
luister na my liedjie, hoor wat ek sien, en glo.
Jy’s ’n helder planeet in die duister van my nag,
so hou nou op met twyfel, ek sit nog en wag.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top