Terme in Afrikaans

  • 3

Met Afrikaans word finesse van ander tale vernietig. Bv Macaque sal dan volgens doxa-klankstroom makaka word. Ek dink Angus se "klankstroom"  is pot stront. 

Ek kry geen Google-vertaling vir primate-vertakking wat nie net “aap” is nie.

  • 3

Kommentaar

  • Beste Hans,
    Ek het voorheen gewaarsku teen letteruitspraak. Afrikaanssprekendes weet daarvan en weet hoe om veral Franse name en woorde uit te spreek, soos bv Du Plessis, Celliers, Marais, ens. Daarom sal hulle Macaque /məkɑ:k/ uitspreek. Hierdie dier behoort tot die genus Mecaca, en as die Afrikaanssprekende ʼn wetenskaplike is, sal hy dit /məkɑkɑ/ uitspreek. So, jy verheug jou verniet in ʼn rot.
    Wat geluidstroom betref, is jy ook deksels onkundig. Dit is hoe ʼn taal klink as iemand dit korrek praat. Indien iemand bv Afrikaans praat met ʼn Engelse aksent, is die geluidstroom verkeerd. Die uitspraak van woorde is iets heeltemal anders; ʼn mens kan dit bv foneties aandui, soos ek hier dit me Macaque gedoen het. Dit is hierdie uitspraak van ʼn woord wat by die geluidstroom van die taal moet pas, soos ek voorheen verduidelik het.
    Jy het dit nie voorheen gesnap nie, en ek twyfel of jy nou sal verstaan.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Angus, ek verstaan geluidstroom goed. My klagte is dat daar 'n stront geluidstroom uitkom op radio en TV, deur mense wat in Spaanse of Franse drol getrap het êrens.
    Ons Afrikaanse geluidstroom is gerat vir regte uitspraak, maar mense fok dit net op en dit het fokkol met my begrip te make, net my redelose frustrasie.
    Daar is net enkele geykte "ekspert wetenskaplikes" op SABC radio. Nou ja, vir jou is dit skynbaar ondenkbare irritasie dat ek hou van lees, vrae vra en nie net kop skud soos daai hondjie destyds op die "dashboard" se harige mat nie ...

  • Beste Hans,
    Ek weet niks van jou leesgewoontes nie; waarom dink jy dan dit irriteer my? Ek voel vere vir al jou bedrywighede, selfs al tik jy op jou selfoon terwyl jy swem.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top