ter wille van umNtu se ubuNtu

  • 0

dis hoekom Mens hiesa geplaas is, oppie Aarde,
deel te kan wees, te moet deel, in Allah, God,
Sy Grasieus Genade; nie onkunde-ontkenning,
onnooslik waarde, ultra-super-Self-destruksie,
stupid beginsels, teorie van “Duiwelspiek”-idee,
dissipelskap, naïef euforie van pseudo-paparazzi,
beginsels van Self-destruksie, onbevraagtekenend,
onvoorwaardelik, submissief, aan te hang, t’aanvaar,
soos ‘n mugu, paloeka, skebenga, mampara, eish,
absoluut idioties, idiootlik, nes “Boesman” in Azania,
hele Mens-wees, Mens-Waardigheid, Nageslag, Eie,
wetenskaplik te onderwerp, benede troon van sjatan,
rug weggekeer, weg van eie Vader, Skepper, Maker,
Sy Studiemateriaal, mos heel opsy geskuif, eenkant,
plek te moet maak vir neo-apartheid, “ras” en “klas”,
asof’t als ooit op dees Planeet legitiem, vanpas was,
kapitaal se wanopvatting, opper-illusie, mite, droom,
oor eie geskiedenis, waarin neo-opvattings soos dié,
se wortels as’t ware historio-psigo-sosiologies geleë lê

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top