"Tentwoning" deur Nic Combrink

  • 0

Tentwoning

Gebore-geheg aan ons grond en ons mense,
ons land wat gekoop is met voorvadersbloed.
Ons stryd was vir reg om te leef na ons wense,
ons grense te span, af te baken ons goed.
Maar vrede ontwyk jou met bure wat nood het,
wat honger moet veg teen die winternagweer.
Deel so ook jou vissie met hom wat nie brood het,
en sien hoe dit meer word soos eens langs die meer.
Ons woon maar ’n uur lank in hierdie ou woning;
verflenterde tent met verganklike goed.
Maar ewig die woning berei deur die Koning;
’n feesmaal vir almal gewas deur Sy bloed.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top