Tent en Nikab

  • 0

behoud van die bedoeïen
‘n swerwende tydelik geankerde skuur

‘n vastrap op ‘n trekpad
‘n hawe ‘n haard vir treklus se smeul
‘n bedaarde meul vir swerwende gerwe

waar die kamele die nag in tuur
waar die skerpioen wag om van môre se son te steel
skuil sy in tent en nikab

binne wag haar bloed
‘n tydelik onmiddellike seisoen

môre word daar verder gery
na nog ‘n horison gevry

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top