Teleurstelling 101
Met hoop kom teleurstelling,
en dit maak altyd seer
Hoe jy ook al probeer
Mens kan dit nie eens keer
As dit gewoonlik goed gaan en jy van blydskap lag
Dis dan wanneer die slag kom,
en hierdie slag tref jou onverwags
Teleurstelling is sinoniem met die lewe
Jy kan dit nie ontwyk nie
Dit is iets waarmee een en elk moet saam leef
Die beste is maar net om te smile en aan te beweeg
Maar soms is dit moeilik om nie terug te kyk
Dis asof daar altyd steeds iets in die agtergrond blyk
En volg hierdie terugwaartse geluid
Dan gee jy een tree vorentoe en twee agteruit.
Die beste is maar net om te smile en aan te beweeg
Die beste is maar net om te smile en aan te beweeg
Hoe jy ook al die lewe lees
Die feit bly staan, teleurstelling sal altyd daar wees
Die beste is maar net om te smile en aan te beweeg
Die beste is maar net om te smile en aan te beweeg
![]() |