Tel meet en so aan

  • 0

Hallo Panda

Jy stem saam met my dat dit laf is om ’n boek met hoofstuk 0 te begin maar in dieselfde asem sê jy die Juliaanse kalender het wel ’n dag 0 en ’n dag 1, naamlik respektiewelik 1 Januarie en 2 Januarie.

Die 2de Januarie is dus dag 1 sodat die nde Januarie dag n-1 sal wees. Gestel nou die maand Januarie in daardie kalender is onbeperk, daar is nie ander maande nie en Januarie se dae is dus aaneenlopend. Op 27 Januarie, ons kalender, sou dit dan die 2455954de Januarie Juliaanse kalender wees (jou nota aan my op 27 Januarie) maar dit is eintlik die 2455953de dag want, soos met die lawwigheid van ’n hoofstuk 0, het hulle die telling met ’n dag 0 begin.

Soos jy tereg sê, ’n liniaal, maatband en stophorlosie begin by 0. Soos ek ook al vir jou gesê het, by 0 en nie met 0 nie. Die nulmerkie dui die begin van die eerste eenheid aan, net soos die eenmerkie die begin van die tweede eenheid (en natuurlik die einde van die eerste eenheid) aandui. Jou maatband het dus ’n 0-merk maar nie ’n 0de sentimer nie; die kleinste afstandjie na die 0-merkie (in die rigting van die 1-merkie) is al ’n breukdeel van die eerste sentimeter

Soos die ma spog met die kind wat so oulik praat " ... en hy is nog nie eers een nie ...’ kon sy ook bygevoeg het dat hy ook nog nie eers een meter hoog is nie. Hy is wel ’n paar maande oud, ’n breukdeel van 1 jaar en ’n paar desimeter hoog, ’n breukdeel van 1. Maak daardie breukdele ’vol’ en jy kry een jaar of een meter. Geen afstand, hoogte of ouderdom kan ’n breukdeel van 0 wees nie. Die kind is dus nooit 0 jaar oud of 0 meter lank nie maar wel ’n breukdeel van ’n jaar of ’n meter vanaf die oomblik dat hy gebore is.

Geen kalender, myns insiens, kon dus ’n jaar 0 gehad het nie. As daar sodanige kalender is, is sy telling uit met 1 eenheid, net soos ’n boek met 50 hoofstukke verkeerdelik die laaste hoofstuk as 49 sal aandui as die eerste hoofstuk Hoofstuk 0 getiteld is.

Groetnis

Jan Rap

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top