Destyds, toe Swys nog gereeld geskryf het, het ek genoem dat, soos die toestand in die land versleg, sal al hoe meer briewe en rubrieke daaraan gewy word om die boosheid van sogenaamde apartheid uit te wys. Vir elke plaasmoord, transitoroof, slaggat, berig oor korrupte amptenare, gewapende roof, vervalle plaas, verstopte riool, gewelddadige opmars en dies meer word nog ’n ou koei ontdek iewers in ’n sloot en uitgegrawe. Daar móét eenvoudig net ’n rede wees om die skep van die gedrog te regverdig.
Prof Pierre de Vos se ritteltits is die jongste in die verband.
Hoekom ek Swys noem is dat ek onthou dat hy laat val het dat hy ook die verskynsel waargeneem het.
Jan Rap

